‘God made a farmer’

Deur LBW
4 Februarie 2013
Dodge Ram se briljante advertensie tydens die Amerikaanse Superbowl het die rol van 'n boer in die samelewing geprys.


Kommentaar

Kommentaar (15) “‘God made a farmer’

  1. Hannes
    Hannes

    Puik advertensie!!Kom ons bid dat daar ook in hierdie land sulke waardering en insig vir die landbouers en hulle bedryf sal ontwikkel!

  2. butch
    butch

    die tyd het aangebreek dat hierdie boodskap oor en oor deur die landboumedia met voorhamer in die koppe van sa ingemoker moet word – met foto van boer – wit EN swart boer daarby !!! – die media is die mondstuk – saam met georganiseerde landbou , van landbou in sa en dit moet van nou af drasties ontgin word – die media het al baie leuens laat vou.

  3. butch
    butch

    As landbou sa nie die hoë grond gaan betree en beset en die belang van landbou gaan adverteer nie – sal ons onder in die donker dal vir altyd verkeer – dis vreeslik duidelik dat die regering sonder om te skroom vir arbeid kant kies teen landbou en landbou sal dus nie net arbeid , maar ook die regering as opponent vir sy die toekoms teen veg

  4. Michelle
    Michelle

    Verskiklik oulik – ons wat in die stad lewe en alles so gemaklik aan die hande kry, vergeet watse harde werk boerdery eintlik is.

  5. Tuki
    Tuki

    Dit is my wens dat elke TV stasie in SA hierdie puik video sal uitsaai.
    Toe ons dit hier sien in Noord America, het dit soveel hartseer meegebring vir die boere en hulle gesinne in Suid Afrika. Niemand het nodig om in soveel vrees te leef net vir hulle liefde vir grond en boer.
    Kill your crops, you kill your country….ons sal aanhou bid vir die boere en hul gesinne.

  6. Elize
    Elize

    O as die mensdom tog net weer waarde van respek kan leer, baie roerend. Vader, ons dra vandag elke boer
    in ons stukkende land aan U op en pleit vir u genade, dat U ons land sal heel, Amen

  7. butch
    butch

    Ek het baie vertroue in Chris Burgess dat hy die regte persoon is om hierdie boodskap saam met landbou sa aan die groot klok te hang. Chris is nie ‘n persoon wat skroom om kaalkop die waarheid op sy naam te noem nie – al van toeka se dae af by vorige tydskrif. Hy sal net moet help om sekere “landbouleiers” wakker te kry , want die tyd loop nou ‘n dik strale uit

  8. Kobus
    Kobus

    Sedert 2005 is daar al herhaaldelik in die briewekolom van LBW gevra dat Agri SA dit moet doen, ook gewaarsku dat tyd daarvoor min raak. Ongelukkig hou sommige leiers nie van raad wat van onder af kom nie.

  9. Riaan von Gericke
    Riaan von Gericke

    Probleem in SA is dat “landbouleiers” nie meer in voeling met die boere is nie.Hulle dra duur pakke klere, hou van koekies en tee en vergaderings. Tree op soos die ou Nasionale Party en Broederbond wat glo alles kom reg met mooi paai praatjies

  10. Petra van Wyk
    Petra van Wyk

    Hartroerend mooi en so waar!Ek kan met trots daarop roem dat my twee oupas en my pa in hulle leeftye as boere nie net werkgewers was nie,maar ook mentors,vaderfigure,geeslelike leiers en opvoeders wat met integritiet met hul werkers om gegaan het.Die boere wat ek vandag ken,is die room van die samelewing,omgee mense met groot harte en oop hande.Kom ons eer die boere!!

  11. Nick Vermaak
    Nick Vermaak

    Hoe gouer die vetgatte, wat vreet vandat hulle oë oopgaan totdat hulle toegaan, besef dat dit juis die boere is wat hulle kos op ons tafels sit, hoe beter! Die boere moet te alle tye beskerm word. Hoe dra jy die boodskap oor aan die regeerders wat op hul beste ‘n paar beeste opgepas het?
    Ons het ons Vader se hulp dringend nodig….

  12. Lukas
    Lukas

    Ek woon en werk in die VSA en hier werk ons almal saam.Hier is n boer nog n boer.Wat ek daarmee bedoel is in SA is jy n “BOER”as jy wit is met die klem op wit.Hier in die VSA word daar omgesien na boere in nood want hulle is belangrik in die gemeenskap.God made a farmer!!

  13. Lukas
    Lukas

    Ek woon en werk in die VSA en hier werk ons almal saam.Hier is n boer nog n boer.Wat ek daarmee bedoel is in SA is jy n “BOER”as jy wit is met die klem op wit.Hier in die VSA word daar omgesien na boere in nood want hulle is belangrik in die gemeenskap.God made a farmer!!

  14. Tina Germishuys
    Tina Germishuys

    Ja,dankie vir die wat nog onvoorwaardelik glo dat daar oplossings is,en kies om deel v d oplossing te wees en hul lewe met Filp. 4 :8 te vul en nie met wat om hul aangaan.”Dankie Vader God dat U my uit n geslag van boere gevormeer het. Mag ek my nalatenskap werd wees. “

  15. Daan Boraine
    Daan Boraine

    S A Boere is uniek die beste in die wereld.Die hele wereld soek ons boere om kos te produseer .Dis net jammer dat in ons eie land ons nie geliefd is nie.Ek bid dat die Liefde van Christus ons regering se oe sal laat oopgaan.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.