Deel van wins na plaaswerkers?

Deur LBW
5 Desember 2012
Mnr. Tony Ehrenreich het aan werkers in De Doorns gesê hulle moet R150 per dag kry én 'n aandeel van die boer se wins.


Kommentaar

Kommentaar (23) “Deel van wins na plaaswerkers?

  1. Djim
    Djim

    Reg so, gee dan vir my n’ deel van Eskom se wins

  2. Buks
    Buks

    Die Boere in SA moet Meganiseer. As jy ‘n 100 werkers vervang met meganisasie kan jy meganiese werktuie inkoop van R5 mil per jaar. Ek dink dat dat ons boere ook meer van die werk hulleself behoort te doen in pleks van sy bakkie te sit.
    Volg die voorbeeld van Engeland Frankryk en ander ontwikkelende lande. Betaal dan jou werkers wat jou masjiene dryf ‘n behoorlike salaris

  3. Sarie
    Sarie

    Deel in die wins? Reg en as daar verliese is, gaan hul dan inbetaal?

  4. LOL
    LOL

    Dis reg! Sodra al hierdie goed verby is, gaan die boere die helfte fire want hul kan dit nie bekostig nie! Dan is die helfte vd land weer werkloos, dit is tog wat die regering wil he!

  5. Mwah
    Mwah

    My familie werk ook op ‘n plaas. My pa het geswat en moes homself opwerk. Hy kry nie eens van die wins nie.

  6. Lmga
    Lmga

    Hoekom gee die dom Tony Ehrenreich dan nie ‘n deel van sy wins aan hulle nie…??? Stupid

  7. 1234
    1234

    @ Buks, hoe pak ‘n masjien ‘n trossie druiwe in ‘n boksie? en knip ‘n vrot korreltjie uit ‘n trossie druiwe?

  8. SP
    SP

    Dit is `n jammerte dat Tony Ehrenreich onrealistiese verwagtinge skep by die mense wat swaar kry. Al wat die optogte se op die einde gaan bewerk stellig is meer werklose mense.

  9. Burrie
    Burrie

    Hierdie situasie is ongelukkig net ‘n magspel deur mense met verkeerde agenda’s. Dit is werklik ‘n jammerte dat die mees onskuldige plaaswerkers gebruik word om die politiese magspel in die Weskaap mee te begin dryf. Die situasie is so handuit geruk dat die mense werklik begin dink dat dit moontlik is vir ‘n boer om R150 per dag te betaal. Hoe apsoluut oningelig is mense dan dat hulle nie besef dat selfs in alle ander bedrywe in die land die lone vir intreevlak minder is as R150 per dag?

  10. Saskia
    Saskia

    Dit is belaglik! Dalk moet Zuma van sy wins vir die hele nasie gee! Wat het van ons pragtige land geword! Ek verstaan die loon verhoging, maar deel van die wins? Dan gan ek ook vir my baas dit se!

  11. Anonymous
    Anonymous

    Die ergste is dat Cosatu deel is van die ANC wat reeds aan gekondig het dat daar eers Maart aan die minimum loon gaan aanpas.
    MAAR waar kom die idee van winsdeling hul dra nie aan die risiko nie, kom dronk by werk aan en dan is die wat staak loswerkers.
    Manne begin meganiseer, al moet daar gemeganiseerde kontrakteurs aan gestel word om die arbeid te vervang. Hoekom moet die boere en ander besighede die werknemers vergoed as die regering die koste die rooi in jaag om net meer self te skep. Hoekom koop die regering nie self die Landbouweekblad, blaai na die geelbladsye koop ‘n paar plase en dan kan Cosatu dit bestuur soos hul wil en werskep, dieselfde by myne.

  12. M van Rensburg
    M van Rensburg

    Net een vraag Mnr. Tony Ehrenreich – het jy al ooit n besigheid of n plaas suksesvol en winsgewend bedryf vir 5 jaar???

  13. Pietie
    Pietie

    @ Buks, jy is seker nie bewus van die feit dat meeste ontwikkelende lande se boere subsiedies van hulle regering ontvang nie. Hulle kan bekostig om op klein skaal te boer en oorleef.
    Ons boere moet nie vas kyk in die gewasse wat hulle huidiglik produseer nie, miskien moet hulle beweeg na gewasse wat minder arbeid intensief is en makliker meganiseerbaar is, soos mielies en koring bv.

  14. CHARL
    CHARL

    Ou Tonitjie met amper niks beentjies se bek is groot om soos n terroris optetree-ons weet presies wat om met hom temaak as hy verder aanhou!!!!

  15. Daan
    Daan

    Ek gaan na oestyd bietjie jag . Stress ontlae.
    Kry n goeie prys vir n koedoe R50 000.Wil julle
    saam gaan en vergeet van die donners wat ons land
    onregeerbaar wil maak ? O , ek het my strandhuis
    verhuur aan n Vaalie. Stupid nog n R25000 aha.

  16. Vra maar net
    Vra maar net

    As plaaswerkers sal help met verliese kan hulle seker maar deel in winste afhangend van hoeveel hulle met verliese gehelp het.

  17. Johannes Meintjes
    Johannes Meintjes

    Dit klink na heel nuwe werksooreenkomste, in welke geval ek tergerlykertyd meganisering en heroorweging van die arbeidsmag sou wou voorstel. Dit is wel ook ‘n goeie voorstel vir opkomende boere se voorbeeld in boere-bedrywighede vorentoe.

  18. Daantjie M
    Daantjie M

    Tony het inderhaas na n “wit” dokter gehaas in n privaat sorgsentrum toe kanker aan sy gat begin byt. Die wil hy mos met alle geweld toemaak. Indirek was hy verantwoordelik dat die arts n salaris en winsie maak. Gaan hy hieroor ook opdruk om wins te deel?

  19. Doret
    Doret

    Dis eintlik maklik om die nuwe absurde gedwone loonverhogings van plaaswerkers te doen. Behalwe meganisering waarmee baie boere al ver gevorderd is, kan een of twee of drie (nie presterende) werkers afgedank word en hulle salarisse dan gebruik word om die oorblywendes te betaal. Wat het geword van die kriteria wat oral oor gebruik word om vakante poste te vul? Ek dink aan ondervinding, jare diens, opleiding, prestasie, en wat ook al die meeste maatskappye (en die REGERING)volg wanneer poste geadverteer word/vakant is. ‘n Nuwe werker kan tog onmoontlik nie dieselfde vergoeding kry as ‘n lojale werker wat al bekend is met die bedryf waarin hy werk. So ook: kan ‘n werker wat die vermoe het om ‘n toesigheidhoudende verantwoordelikheid te doen, dieselfde verdien as ‘n werker sonder ondervinding? Winsdeling is lagwekkend. Waar kom die eisers daaraan dat ‘n boer ELKE jaar groot winste maak. Party jare gaan dit maar swaar omdat die landbou afganklik is van weersomstandighede en prysvasstelling. Op papier lyk alles maklik. Die werklikheid is, dis ‘n RISKANTE bedryf!

  20. Stephen
    Stephen

    Die ANC kan nie die Wes Kaap wen nie. Daarom al hierdie aanhitsery om die plaaswerkers te beindruk.
    Die enigste oplossing le by die boere.
    Dank hierdie betogers af.
    Daar is Blankes wat vir R1000 per maand sal werk solank hulle dak oor die kop het en selfs rantsoen kry.
    Kyk DAN waar sal produksie heen gaan!! om nie te praat van GEEN diefstal nie.
    Nou sal ek uitgekryt word as n rassis maar dit is feite.

  21. Plaasboer
    Plaasboer

    Hoekom koop Tony Ehrenreich nie ook vir hom ‘n boland-plaas en pas sy voorstelle toe nie – en dan kyk hy of hy finansieël gaan oorleef.

    Ehrenreich se voorstelle is sterk geskoei op die sosialisme / marxisme wat nie lewensvatbaar was nie en verdwyn het – buiten natuurlik in Afrika waar die Diktators nog nie van die mislukking weet nie en ook nie die talle voorbeelde raaksien nie. Totsiens Afrika !!!!

  22. chris
    chris

    @mwah…Mooi om te hoor van jou pa se voorbeeld. Maar wat gee hom die reg om in die wins te deel? As hy nie ‘n aandeel gekoop het, of ‘n kontrak het wat dit aanbied as ‘n vorm van vergoeding nie. Het hy geen reg nie al maak die plaas sakke vol wins. Die risiko’s word deur die aandeel houers gedra daarom VERDIEN hulle wat ookal die resultate is! Ek dink jou pa moet dalk sy geldjies terug vra want duidelik het hy nie baie geleer nie.

  23. anoniem
    anoniem

    als het begin by xenofobia, hul moes die swartes en uitlanders gelos het dat hul mekaar uitsort, dan het meerderheid suid-afrikaner vandag werk gehad, dis nie eens die plaas volke wat strike ni, dis die zimbabweers en somaliers wat strike


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.