Vakbonde raak nou radikaal

Deur Isabel Stoltz
8 Maart 2013
’n “Koalisie” van plaaswerkerunies dreig met grondroof en ’n revolusie in hul “stryd” teen SA se “kapitalistiese staat”.

’n “Koalisie” van plaaswerkerunies dreig met grondroof en ’n revolusie in hul “stryd” teen Suid-Afrika se “kapitalistiese staat en stelsel”. Volgens die koalisie het hul “ou bewegings” hulle verraai en deel van die kapitalistiese stelsel geword. Daarom meen die koalisie is ’n revolusie die enigste uitweg om “te kry wat die rykes het”.

Dit beoog kontak met mynwerkers om ’n revolusionêre beweging tot stand te bring. In ’n opruiende brief wat deur vyf unies onderteken is en deur die Farm Workers Solidarity Coalition uitgereik is, word plaaswerkers se “oorwinning en mag” gevier.

Daarin word gesê boere “neem wraak” daarvoor deur met massaafdankings en duur huur, water en elektrisiteit te dreig. “Ons sal dit nie aanvaar nie. As ons grond moet beset en boere uitsit, sal ons dit doen,” word in die brief gesê. Die unies sê boere teiken werkeraktiviste vir afdankings en het ’n beroep op alle afgedanktes gedoen om hulle te kontak sodat “ons onmiddellik die stryd saam kan aanpak”.

Intussen het die Vryemarkstigting bekend gemaak dat hy die grondwetlikheid van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Grondwethof uitdaag. Hofstukke is reeds verlede Dinsdag ingedien. Mnr. Herman Mashaba, voorsitter van die stigting, sê in ’n verklaring hy het vir vryheid geveg tydens apartheid toe mense die reg ontneem is om besluite oor hul eie lewens te neem.

“Nou, 33 jaar later, veg ek weer vir vryheid – dié keer vir miljoene werklose mense.” Mashaba sê dit is die uitsluitlike reg van werklose mense om te besluit watter werk vir hulle beter is as geen werk nie en teen watter vergoeding hulle bereid is om dit te doen. “Niemand het die reg om daardie besluitnemingsmag van desperate mense weg te neem nie.”


Kommentaar

Kommentaar (9) “Vakbonde raak nou radikaal

  1. Rena Brown
    Rena Brown

    Is dit nie maar dieselfde pad wat S A gaan loop soos die van Zimbabwe?

  2. Anton
    Anton

    Dis die reg van enige entrepeneur om tussen miljoen werksoekers te kan kies wie hy wil werk gee en teen watter prys. Hy sal ook die besluit neem hoeveeel masjiene hy sal koop om die werk te moet doen.

  3. Kerry Saaiman
    Kerry Saaiman

    Die probleem is almal dink boere maak baie geld want hulle sien nie al die uitgawes wat ons het om almal op die plaas gelukkig te hou nie!

  4. GW RAAD
    GW RAAD

    kom beset die 78 ha van die swart boer oorkant my. hy weet niks van boerdery af nie en tog het die staat vir hom R2.5m se plaas gegee. onthou net Mashaba plaas lewe is nie soos die groente tuin wat jy agter jou huis het nie. dit kos geld, tyd, sweet en blerrie harde werk. moet nie plaas beset en dan vir die staat se hulle moet jou geld gee om te boer nie…

  5. Anton
    Anton

    Dis die werkgewer se reg om te besluit wie van die miljoene werkloses hy gaan indiensneem en teen watter prys. Hy kan ook besluit oor watter opvoedkundige kwalifikasies so ‘n persoon moet beskik en ook of hy nie eerder ‘n masjien moet koop nie

  6. mkruger
    mkruger

    Rena, ek is bevrees dit gaan.
    Maar nie om dieselfde redes nie.
    Hier gaan dit gebeur omdat die mense wat ons verwag het moet die proses vir ons dryf, agteroor gesit het en nie die geleenthede gebruik het om die situasie in die regte rigting te stuur nie. Soos ek al voorheen gese het. Ek glo nie hulle het so opgetree omdat hulle “stupid” is nie. So hulle motiewe is duister. Miskien net so duister soos die NP se motiewe en nou weet os almal dat hulle eintlik deur die broederbond, met hulle eie agendas, “bestuur” is. Maar die bond bestaan mos nie meer nie ?

  7. pikkewyn
    pikkewyn

    Dis suur druiwe. Wat doen opkomende boere? Boer hulle? Gaan kyk gerus hoeveel miljarde steel die anc van die armes. Wat doen hulle daaromtrent? Hoeveel kon werk gehad het? E-tol, teksboeke, Arms deals, tenders, ministers wat geld rondgooi, sekeres wat se die land is veilig maar kruip in bunkers weg met 100 wagte, miljoene sekuriteit.
    As mens na die res van Afrika kyk, wat sien mens? Wie neem die tradisionele mense se grond – Minerale!

    Armoede – Stamgevegte, Oorlog, groot geweervuur, verkragtings, baie geld gaan in die voorsiening van wapens, vermaerde diere, BAIE maer verwaarloosde kinders en vroue vlugtelinge leef op sand en grasvelde, bedel vir kos….
    Sien mens enige landbou , ontwikkeling of infrastrukture in Afrika? Waar is geboude paaie of treinspore vir minerale? Hier is miljoene onwettiges uit Afrika en Asie, waar bly hulle? Op landbougrond, honderduisende huise gebou. Hoeveel HA is trustgronde? Zulu koning alleen besit 32% van Natal, wat van die ander konings en tradisionele leiers? Wat hulle GEEN sent betaal het nie – daarom is daar geen Aktes. Daar WAS geen transaksies. Hulle betaal weinig vir dienste, indien ooit. Praat ons heeldag ons wil hulle grond beset?

  8. Hennie
    Hennie

    Mense, hierdie gaan oor hul “stryd” teen SA se Kapitalistiese staat. Andersom gestel gaan dit oor ‘n stryd vir SA as ‘n kommunistiese staat – vat wat jy wil hê en kry alles verniet. Ontken die reg om eiendom te besit (deur blankes) en verwoes die land deur dit alles. Skep chaos en die SA (en die ANC regering) buig die knie voor radikale magte wat anargie en konflik voorstaan.

  9. joe
    joe

    En wat gaan julle daar omtrent doen, briew skryf en kla. Raak betrokke by julle organisasies en help


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.