Portugal vry ook na SA boere

Deur Alani Janeke
8 Februarie 2013
Portugal het voelers uitgesteek oor die moontlikheid om Suid-Afrikaanse boere daarheen te lok.

Verteenwoordigers van Portugal het met Agri SA kontak gemaak om boere na dié land te nooi, terwyl 27 Afrikalande ook boere soek.

Suid-Afrikaanse boere boer tans in meer as 30 Afrikalande, terwyl Agri SA se Afrikakomitee formele uitnodigings van 27 lande ontvang het. Portugal het homself dié week tot dié lys toegevoeg en soek plaaslike boere om die land se mededingendheid te verhoog.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê die finansiële krisis in Europa laat kleiner lande in dié wêrelddele terugkeer na basiese beginsels, en derhalwe wil Portugal sy mededingendheid deur middel van die landbou verbeter. “Hy kan nie meer staatmaak op subsidies van die staat nie, en nou soek hy ook Suid-Afrikaanse boere om te help om die Portugese landboubedryf te verstewig.”

Ander Europese lande het ook al aangedui dat hulle belang stel in samewerking met Suid-Afrikaanse boere. Mnr. Dirk Hanekom, voorsitter van die Afrikakomitee, sê die ander Europese lande fokus nie soseer daarop dat boere by hulle moet gaan boer nie, maar om namens dié lande in ander Afrikalande te gaan boer.

Nigerië, Gaboen stel ook belang
Volgens Hanekom het hulle dié week met die regerings van Nigerië en Gaboen vergader. Dié lande wil graag plaaslike boere in hul lande verwelkom. Hul kontak volg op die aankondiging van die nuwe minimum loon vroeër vandeesweek.

Ooreenkomste wat Agri SA met Afrikalande aangaan, is gegrond op of bilaterale handelsooreenkomste tussen dié lande en Suid-Afrika bestaan. De Jager sê van al die ooreenkomste wat in dié verband bestaan het, is sowat drie nog oor.

Die ooreenkomste word beëindig weens die land se grondbeleid en beperkinge aangaande internasionale grondbesit en grondhervorming. Mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het aan Agri SA gesê dat die ooreenkomste voortaan op ’n ander grondslag moet berus, en dat hulle ook bereid is om sektorspesifieke ooreenkomste te skep.

Navrae van plaaslike boere om hul belange na ander lande uit te brei, het die afgelope tyd toegeneem, sê Hanekom. Groot belangstelling bestaan spesifiek in Zambië, Mosambiek en die Kongo (Brazzaville).


Kommentaar

Kommentaar (15) “Portugal vry ook na SA boere

  1. butch
    butch

    Ja nee werklik – net ‘n sa boer wat dit kan regkry om sonder subsidie te kan boer – gister gelees van land waar subsifie vir graan R2 3000.00 per HA is – bid jou dit aan !! – en vergelyk dit nou vir ‘n oomblik met sa waar landbouers op elke denkbare wyse gestraf word – ek meen darem net dat dit nie verkeerd is om uit brei nie – maar om pad te vat, sal die hart van landbou in sa ernstig skaad op die lang termyn

  2. Anonymous
    Anonymous

    Die ANC-regering besef nog nie die noodsaak van voedselvoorsiening vir Suid-Afrika nie en het daarom ‘n ongeërgde houding jeens Suid-Afrikaanse boere. Suid-Afrika is egter met die beleid van grondhervorming, wat grootliks onproduktiewe grondgebruik meebring, nie baie vêr van die punt waar nie genoeg voedsel geproduseer sal word nie.

  3. Dawie
    Dawie

    In Duitsland word boere betaal om hulle lande braak te laat. Die betaling is meer as die profyt uit gesaaides. Dit word gepolisieer met sateliet foto’s. Die tipe subsidies laat mens verstaan hoekom die beginsel van oorlewing van die sterkstes die Suid Afrikaanse boere die produktiefste in die wereld maak.

  4. Marelize
    Marelize

    sou meer wou weet oor die Portugal storie eerder as Nigerië en Gaboen.

  5. AE DE WAAL
    AE DE WAAL

    Die risiko van herhaling van dieselfde politiek is te groot in Afrika.Portugal lyk meer aantreklik.n Mens kan net dink wat die impak van werkloosheid nou gaan wees.Ek het pas 20 persent van my permanente werkers afgedank.Verder het ek werk verskaf aan 5 seisoenwerkers vir 9 maande teenoor elke permanente werker.Ek het reeds 9 masjiene self ontwerp en nog 4 ander bestel.Dit sal dus al my seisoenwerkers uitskakel.Dit beteken op my 117 ha wyndruiwe eenheid gaan 50 mense nou die staat se eiegeskepte probleem raak.Reeds vanaf April gaan hulle almal werkloos wees.Ek kry hulle innig jammer,want ons het n baie goeie verhouding gehad.Dis ekonomiese werklikheid as in die lig geneem word dat ons net 2% verdien op n bottel wyn wat verkoop word.Die staat kry sowat 15% in belasting.Volgens my somme kan die bedryf sowat 50 000 mense afdank binne die volgende 4 maande mits my praktyke gevolg word.Onder die swak omstandighede oorweeg ek dit sterk om my belange te skuif deur alles uit die boerdery te tap wat ek kan totdat dit n netto verlies maak en te kapitaliseer waar ek meer sekuriteit en veiligheid kan geniet.Vir ons boere gaan die lewe nie oor geld nie,maar om jou passie suksesvol te kan uitleef en erkenning daarvoor te kan geniet.

  6. glenn
    glenn

    Die ANC sal die verloorder wees. Dankie Portugal dat jy die waarde van SA boere besef!

  7. fwdeklerk
    fwdeklerk

    hopelik bly genoeg boere agter om die agtergeblewe afrikaners te voed. moenie te bekommerd wees oor die anc en hul ondersteuners nie: HIV en TDR TB (Total Drug Resistant Tering) is aan’t oes onder die inboorlinge. God se hand.

  8. Gus
    Gus

    Al wat ek kan se is BOA SORTE E BOA VIAGEM.
    Eks seker julle sal NIE vermoor wees nie in julle plasse nie!

  9. leonora
    leonora

    hoe doen mens aansoek??

  10. kobus
    kobus

    wil baie graag meer weet oor die Portugal geleetheid!

  11. Norman
    Norman

    Daar het julle dit Boere. Die geleentheid is daar maak gebruik van dit. Moet nie in die land bly en elke dag/nag vrees vir julle lewe nie, dit is nie die moeite werd nie.Ek weet en besef dit is makliker gese as gedaan om net jou land teverlaat en teverhuis na ‘n nuwe land.As ek ‘n boer was sou ek dit gedoen het. Ek kry die Kaukasiërs in Suid-Afrika vreeslik jammer want die toekoms vir Kaukasiërs lyk baie bleek. Ek self, wil net klaar swot dan pak ek my tassies en verlaat die land. Gelukkig genoeg is daar baie geleenthede vir Onderwysers in die buiteland. Sterkte aan die Boere wat wel besluit om tegaan.

  12. Alet
    Alet

    In my hart is ek ‘n Boer, en sal altyd een bly en ek sal wat gee om uit SA te kom. Ek wil nie my kind in vrees groot maak nie. Waar en hoe kan daar aansoek gedoen word om weg te kom. Is die offer slegs vir Boere.

  13. Lizaan
    Lizaan

    Ek wil ook weet hoe ons aansoek kan doen vir Portugal?

  14. Gerhard
    Gerhard

    Ek is n boer in murg en been,maar het plaas verlaat omdat daar geen hulp vir boere van die staat af kom nie en dit is onveilig vir my gesin.Waar vind ons uit oor hierdie geleentheid om weereens te boer in die pragtige portugal waar ons kan veilig voel en ons passie kan beoefen?Laat weet asseblief ek sal verseker op die vliegtuig wees.

  15. janhendrik
    janhendrik

    boerdery is in my bloed maar is nooit die geleentheid gegee nie. Ek is jongboer en doen my bes met die stukkie grond wat ek kan bekostig maar moet steeds as vakman in die stad werk om kop bo water te hou. Ek sal graag meeril weet oor Portugal!


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.