Die immer-gewilde Nampo-oesdag vind vanjaar van 18 tot 21 Mei op Nampopark buite Bothaville plaas. Luidens ‘n verklaring word sowat 630 uitstallers verwag, en het van die uitstallers aangedui dat hulle nuwe produkte bekend gaan stel.

Die tema van vanjaar se oesdag is “sien die wêreld van landbou”. Virtuele demonstrasies sal weereens deel wees van masjinerie-uitstallers se uitstallings.

“Die oesdag is daardie een geleentheid in die jaar wat produsente nie wil misloop nie want dit is ‘n een-tot-een-kontakgeleentheid én ‘n samekoms van alle toepaslike partye betrokke in die landbou. Dít maak van die oesdag ‘n uitsonderlike besigheidsgeleentheid vir enige produsent,” sê mnr. Jub Jubelius, voorsitter van die Nampo-oesdagkomitee.

Groeiende oorsese belangstelling
‘n Groot afvaardiging van uitstallers vanaf Argentinië, vyf Amerikaanse uitstallers en nuwe produkte vanuit Australië word verwag. Nuwe uitstallers sal ook vanjaar aan die veevertoning deelneem.

Uitstallings wat op ontspanning fokus sluit die 4×4-hindernisbaan, die Boerepatentekompetisie en die damesprogram in.

Kaartjies vir volwassenes sal  Dinsdag, Donderdag en Vrydag R60 beloop, terwyl toegang Woensdag R70 is.

19 Maart 2010


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.