Wildspastei


Kors
1 pak klaargerolde blaardeeg

Vulsel
2 kg wildsvleis (enige soort)
500 g skaapvleis
250 ml Coke
100 ml kookolie
2 uie, fyngekap
1 groen soetrissie, opgekap
2 tamaties, geskil en gesnipper
250 g ontbytspek, gesnipper
125 ml blatjang
5 ml elk knoffelvlokkies en vars gemaalde swartpeper
15 ml sout
5 ml gemaalde koljander
2 ml gemaalde naeltjies
15 ml worcestersous
75 ml suurlemoensap
100 ml droë rooi wyn
50 ml soet rooi wyn
250 ml suurroom
2 blikkies (285 g elk) gesnipperde sampioene, gedreineer (hou vloeistof)
1 pakkie beesstertsop (60 g) aangemaak met 250 ml van die sampioenwater

Bolaag
1 eiergeel
50 ml water

Stel die oond op 200°C. Laat deeg in yskas ontvries.
Sny die vleis in 3 cm-blokkies en stowe dit dan in die Coke tot sag. (Hoewel die kola dit ‘n mooi bruin kleur gee, is die vleis geneig om makliker aan te brand. Hou dus dop). Maak seker dat al die beentjies uit die vleis verwyder is.
Braai intussen die uie, soetrissies en tamaties effe saam in die olie en skep dit by die vleis. Braai die spekvleis liggies in dieselfde pan en voeg by die vleis. Meng die res van die bestanddele goed saam en meng dit by die vleis. Prut net deur om geure te laat meng en skep in ‘n vuurvaste pasteibak.
Rol die deeg uit, plaas bo-op vleis en druk die kante vas. Indien verkies, maak deegblare van die oorskiet deeg en rangskik bo-op pastei. Klits eier en water en verf oor die deeg. Maak snytjies of druk gaatjies bo in deeg sodat stoom kan ontsnap. Bak 30 minute tot goudbruin.

Wenk
Vir ‘n vinnige pastei, gebruik gaar fyn wildsvleis.

Stowe oorskietbene met ‘n stukkie varkspek in ‘n bietjie vleisaftreksel totdat vleis loskom. Maak vleis fyn en bevries tot nodig.


Liplekker sjokoladerolkoek




Dodelik vir die figuur, maar as jy eers begin eet, kan jy nie ophou nie!

4 groot eiers, geskei
100 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
60 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml kakao
‘n knippie sout

Vulsel en versiersel
1 blik (380 g) karamel
2 stafies Cadbury’s Flake-sjokolade
125 – 250 ml room (vars of Orley-Whip)
15 ml strooisuiker

Stel die oond op 180°C. Klits die eierwitte styf en hou
eenkant. Klits die eiergele, strooisuiker en geursel saam tot lig en donsig. Sif
die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Vou dit by die eiermengsel in. Vou
laastens die eierwitte versigtig met ‘n metaallepel in. Giet die mengsel in ‘n
gesmeerde rolkoekpan van (20 – 27cm) wat met waspapier uitgevoer is en maak
beslag gelyk bo-op. Bak sowat 10 minute lank. Keer versigtig uit op ‘n klam doek
wat met suiker bestrooi is. Trek die waspapier af. Rol die koek met die klam
doek op en laat so afkoel. Rol weer die koek oop en verwyder die klam doek. Klop
die karamel effens en smeer oor die koek. Breek die sjokolade in stukkies en
strooi die helfte oor die karamel. Rol die koek op. Klits die room en suiker
saam tot styf en bedek die koek daarmee. Strooi die res van die
sjokolade-stukkies bo-oor. Verkoel goed voor opdiening.


24 Mei 2002


Kommentaar

Kommentaar (2) “Vinnige wildspastei vir die besige vrou

  1. tonia
    tonia

    op soek na resepte om wildvleis meer voor te bery asb

    • Petro Bosman
      Petro Bosman

      Hallo Tonia, Landbou Boerekos 2 is propvol wildsvleisresepte, en in Landbou Boerekos 4 (nou op die rakke in supermarkte) is ook ‘n hele paar wildsvleisresepte. As jy Boerekos 2 nog wil aanskaf, kontak net Johan Terblanche by johan.terblanche@media24.com of bel hom by 021 406 4962 vir ‘n bestelling, hy kan dit dan vir jou pos (sowat R40 plus posgeld).
      Hoop dit help. Groete, Petro Bosman


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.