Tamatiekonfyt

Deur Arina Du Plessis
13 November 2013
Vars gemmer gee aan dié konfyt die heerlikste smaak. Dis nie net lekker op roosterbrood nie, maar gee wonderlike geur aan souse, bredies en kerriegeregte.

1,2 kg ryp tamaties

Kookwater

Sap van 1 suurlemoen

4 x 250 ml suiker

Stuk vars gemmer van 6 cm, geskil en in stukke van 1 cm gesny

2 ml growwe sout

Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir drie minute. Spoel af met koue water en trek die skille af. Kap fyn. Sit die gekapte tamaties en die suiker in ’n swaarboompot en voeg die suurlemoensap by. Roer tot die suiker opgelos is. Voeg die gemmer en sout by en verhit tot kookpunt. Kook vinnig, terwyl gereeld geroer word, tot die konfyt setpunt bereik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Lewer 800 ml konfyt.


Kommentaar

Een kommentaar op “Tamatiekonfyt

  1. snoepie@iway.na
    snoepie@iway.na

    Heerlik. Kook net vir my langer as ander konfyte. – Jorene Coetzee


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.