Sagopoeding

Deur Arina Du Plessis (aduplessis@landbou.com)
25 Augustus 2009

1 kaneelstok
2 repe nartjieskil (opsioneel)
750 ml (3 k) volroommelk
180 ml (¾ k) sago
125 ml (½ k) suiker
45 ml (3 E ) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
4 eiers
80 ml (1/3 k) appelkooskonfyt
125 ml (½ k) strooisuiker

1. Voorverhit die oond tot 180 ?C en smeer ’n oondvaste bak met botter. Verhit die kaneelstok, nartjieskil, melk en sago stadig saam tot kookpunt. Kook oor lae hitte tot die sago gaar en deurskynend is. Verwyder van die hitte en haal die kaneelstok en skiluit.

2. Roer die suiker, botter en vanieljegeursel by. Skei die eiers en voeg twee van die gele by die sagopap. Roer goed deur. Hou die witte eenkant in ’n groot, skoon bak.

3. Skep die sagopap in die voorbereide bak en bak vir 15-20 minute. Terwyl die poeding bak, verhit die appelkooskonfyt tot louwarm en hou eenkant.

4. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker lepel vir lepel by, terwyl aanhoudend geklits word.

5. Haal die poeding uit die oond, smeer die appelkooskonfyt oor en skep die meringue bo-op. Sit dit terug in die oond vir ongeveer 20 minute. Sit warm voor met dun vla.

Genoeg vir agt mense.

Die dis op die meegaande foto is sagopoeding. Die foto is deur Neville Lockhert geneem. Arina du Plessis het die stilering gedoen met Christien Badenhorst as assistent.

Landbouweekblad, 21 Augustus 2009
 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.