Murgbene met rooiwyn-jus

John En Susanna Tecklenburg
14 Junie 2013
Hier's ’n resep vir ’n perfekte Vadersdag-ete - uit die kombuis van Schalk Burger sr., rugbylegende, en sy gesin se nuwe restaurant op hul Wellingtonse wynplaas.

Jy kan nie anders nie as om begeester te voel ná ’n kuier by Schalk burger sr., wynboer en rugby-legende, en sy gesin op hul Wellingtonse wynplaas nie. Hier is ’n resep uit die Burgers se nuwe restaurant se kombuis – perfek vir Vadersdag!

12 murgbene, in stukke van 5-9 cm gesaag
Sap van halwe suurlemoen
3 lourierblare
10 heel peperkorrels
2 stele seldery
Water

Rooiwyn-jus
250 ml goeie beesvleisaftreksel
250 ml rooiwyn
Sout en swartpeper
60 g koue botter, in klein blokkies gesny

Vir die murgbene: Plaas ál die bestanddele saam in ’n klein kas- trol. Voeg genoeg water by om die bene te bedek. Verhit stadig tot kookpunt en prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute. Laat die murgbene in die aftreksel afkoel.

Vir die rooiwyn-jus: Verhit die aftreksel tot kookpunt en laat prut vir sowat vyf minute. Verhit die rooiwyn tot kookpunt en kook dit vinnig af tot stroperig. Voeg dit by die aftreksel en prut verder tot dit effens afgekook en verdik is. geur na smaak met sout en swartpeper en klop die botterblokkies by.

Plaas die murgbene vir ’n paar minute in die oond om warm te word, indien nodig. Sit dit voor met warm roosterbrood en bedruip die murgbene met ’n lepel of twee van die rooiwyn-jus. Maal swartpeper oor en rond af met ’n takkie vars roosmaryn. 

Lewer 3-4 porsies.

Wynvoorstel: Bohemian Syrah 2008.


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.