Vra vir Faffa

Vrylopende (free ranging) hoenderboerdery

Vraag

Ons wil met hoenders begin boer. Aanvanklik het ons gedink om met braaikuikens te begin want daar is 'n goeie mark daarvoor, maar die idee dat hulle dag vir dag in 'n toe hok sit is vir my persoonlik bietjie erg, so ek sal dit verkies as hulle kan rondloop en skrop. Ek weet dat dit dan langer sal vat voor hulle die regte gewig bereik. Ons het 'n kontak om lewende hoenders op die platteland te verkoop. Ek het al als opgelees oor hoe die hoenderboerdery verloop, vanaf dag een tot en met wanneer jy die hoender verkoop. Daar is egter 'n paar vrae waarvoor ek nie antwoorde kan kry nie. 1. Kan mens die Ross kuikens gebruik vir "free range" hoenders? Ek het gelees dat daar iets met hul pote verkeerd is en iemand het vir my gesê mens kan hulle nie langer as 8 weke aanhou nie, dan hvrek hulle. Is dit waar? 2. Watter soort hoender is die beste geskik vir "free range"? (Slaghoenders, nie lêhoenders nie) 3. Ek het al orals in die woongebiede hoenders in hokke te koop gesien (wit hoenders). Watter tipe hoenders is dit? 4. Waar kan ons die beste dagoud kuikens koop? 5. Moet die hoendertjies eers 4 weke oud wees voor hulle onder die ligte kan uitkom en buite kan begin rondbeweeg? 6. Ek het pragtige hokke waarin die hoenders in die nag kan slaap. Is dit nodig vir almal om op stellasies te sit of sal van hulle op die grond ook slaap? Dankie vir 'n wonderlike webwerf. Liela

Antwoord

Daar is tans drie braaikuikenrasse in Suid-Afrika beskikbaar – Ross, Cobb en Arbor Acres. Al drie hierdie rasse kan suksesvol as vrylopende braaikuikens grootgemaak word, alhoewel dit ‘n baie klein gedeelte van die braaikuikenmark is.  

Omdat die braaikuikens so vinnig groei, is hulle geneig om oorgewig te raak en in sommige gevalle teen 8 weke ouderdom dus te swaar vir hulle pote te raak. Jy sal ‘n besluit moet neem op watter ouderdom en gewig jy die braaikuikens wil verkoop en jou boerdery daarvolgens bestuur.
 
Al die kommersi?le braaikuikens wat tans beskikbaar is, is wit van kleur. Daar is ‘n beperkte aantal gekleurde braaikuikens in KZN beskikbaar.
 
Kontak die groot kommersi?le verskaffers van dagoud kuikens: bv. National Chicks, Eagles Pride, Keystone Hatchery, Grootvlei Kuikens, Daystar en County Fair. Hierdie besighede sal jou ook kan help met die beplanning van jou boerdery.
 
Die braaikuikens moet veral in die winter vir ten minste 3 weke warm gehou word – begin by 32°C om 22°C teen dag 21 te bereik. As die weer gunstig is behoort die kuikens na 24 dae buitentoe toe te gaan.
 
Onthou dat die huise waarin jy met die hoenders begin en waarin hulle in die nag gehou word, is net so geskik vir die vrybeweging van die kuikens. Die feit is dat alle braaikuikens in groot skure aangehou word waar daar totale vry beweging van kuikens is – hulle word nie in hokkies aangehou nie.
Die kuikens slaap heel gemaklik op die grond. Dit is waarom daar op die vloere skropgoed (10 sentimeter diep, vars, dro? dennehouthoutskaafsels is die beste) van goeie higi?niese materiaal beskikbaar moet wees.
 
Geskryf deur: dr. Mick Versfeld, Pluimveekonsultant (mickversfeld@mweb.co.za)
 
26 Junie 2011
 

Kommentaar

Een kommentaar op “Vrylopende (free ranging) hoenderboerdery

  1. Rita Pretorius
    Rita Pretorius

    Ons het so ‘n jaar terug met free ranging hoeders begin boer. 1 Hen het nou 26 Aug 2012 20 kuikens uitgebroei. Ons het op die oomblik 63 kuikens. Ons was bang dat hulle sou verk van die koue maar die ma hou hulle warm. Ons het net las van rooi meerkatte en weet nie hoe om hulle uit te roei nie. Kan iemand help? Ons boerdery is ‘n sukses behalwe vir die meerkatte.Watter soort groenvoer kan mens vir hoenders aanplant? Ons het een soort hen met so ‘n dik kop en wil graag uitvind watter soort hoender dit is. Die henne is baie goeie broeiers en baie kwaai oor haar kuikens hulle val die meerkatte aan maar kan nie hulle dood nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.