Vra vir Faffa

Voerkraal vir beeskalwers

Vraag

Hoe begin ek 'n voerkraal op klein maat vir beeskalwers?

Antwoord

 

Eerstens moet grond beskikbaar wees waarop ‘n kraal gebou kan word. 
  • ‘n Boek (Voerkraalbestuur) oor die produksie van beesvleis in intensiewe voerkraalstelsels deur K-J Leeuw (2002) is by die LNR-Dierevoeding en Diereprodukte Instituut, Privaatsak X2, Irene 0062 beskikbaar (012-672-9023)
  • Op www.landbou.com is heelwat inligting oor die afronding van kalwers in ‘n voerkraal beskikbaar. 
  • Meer inligting oor beesvoerkrale is beskikbaar op die internet onder die soekwoord "Beef Feedlot Management." 
  • Raadpleeg ook Voermol se webblad by www.voermol.co.za vir meer inligting oor voerkaalafronding en voerkraalprodukte asook skyfies oor voerkaalafronding (besoek die afdeling oor Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaarkompetisie).
 
Aanvanklik is dit nie nodig om ‘n duur infrastruktuur te bou nie. In die voerkraal moet daar slegs bakke (bv. omgedopte bande) wees waarin die kragvoermengsel en ruvoer gevoer kan word. Met die "Voermolstelsel" word die kragvoer en ruvoer apart gevoer. Die kragvoermengsel bestaan uit ‘n mengsel van 200 kg Voermol SB 100 met 800 kg gemaalde mielies (mieliemeel) of hominy chop. Voer dit op die eerste dag teen 3 kg/bees/dag en verhoog dit elke derde dag met 1 kg/bees totdat ad lib.-voedingspeil (ongeveer 2.8 tot 3 % van liggaamsmassa) bereik word. Die ruvoer (bv. grashooi of mieliereste) word eenkant in ‘n aparte houer ad lib. gevoer.
 
Kontak u veearts om ‘n geskikte entingsprogram vir die kalwers op te stel. Die kalwers moet met inname teen die heersende siektes geïmmuniseer word en met ‘n geskikte oorinplantaat geïnplanteer word.
 
Goeie gehalte vleisbeeskalwers van 220 tot 250 kg word as voerkraaldiere verkies. Hulle word dan gevoer totdat hulle markklaarheid op ongeveer 380 tot 420 kg bereik wanneer hulle dan bemark word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
8 Julie 2010
 
Lees ook:
 
        Kalwer voerkraal       
        Is voerkrale nog winsgewend?                            
               
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.