Vra vir Faffa

Skilpad dieet

Vraag

Wat is 'n skilpad se dieet? Mag 'n mens 'n skilpad aanhou? Ek het onlangs een gered wat werkers in 'n sak rondgedra het.

Antwoord

As jy ‘n skilpad in Suid-Afrika wil aanhou, benodig jy ‘n permit van natuurbewaring. 

Skilpaaie is herbivore. ‘n Herbivoor se dieet bestaan hoofsaaklik uit groen plantmateriaal, grasse, blare, party soorte vrugte en groente. Energie word verkry deur bakteriële fermentasie van vesel. ‘n Dieet laag in vesel lei tot loperinge ontlasting. 
 
Die dieet moet hoofsaaklik bestaan uit hoë vesel wat voorsien word deur gras, bossies, hooi en blaargroente (80% van die dieet). Ander groentes kan ongeveer 15% van die dieet uitmaak en vrugte moet nie meer as 5% van die dieet uitmaak nie.   
 
Verskaf so ‘n groot verskeidenheid as moontlik van grasse en bossies. Sien lys van grasse in die aangehegte pdf hieronder.
 
Blaargroente sluit die volgende in: bindslaai, pietersielie, perdeblom, raap- en beetblare, blaarbeet, wortelblare, spinasie, bronslaai. Ander groentes sluit in: blomkool, witwortel, wortels, jong murgpampoentjie, patat, raap, skorsie. Vrugte sluit in: meloen, pruime, pynappel, mango, vye, druiwe, tamatie, appel, peer, aarbeie, framboos, komkommer, waatlemoen, en papaja.
 
Al die blaargroentes, ander groente en vrugte moet afgespoel word en in klein stukkies opgesny word en goed gemeng word waarna dit met ‘n mineraal- en vitamien aanvulling bedek word voordat dit vir die skilpad gevoer word. ‘n Voorbeeld van ‘n mineraal- en vitamienaanvulling wat gebruik kan word, is Nutrobal (Vetark). Onthou dat direkte sonlig nodig is om vitamiene D3 te vorm wat nodig is om kalsium te absorbeer. Vars water moet beskikbaar wees vir die skilpad om te drink en in te bad.                                
 
Verwysings:
1.     Fleming G J. 2007. Reptile Nutrition – What’s new? International Veterinary Information Service. www.ivis.org
2.     The Merck Veterinary Manual [webblad] beskikbaar by http://www.merckvetmanual.com soos beskikbaar op 19 Januarie 2010
3.     Information leaflet from Johannesburg Zoo.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc) (drsunelle@vodamail.co.za)
 
30 Januarie 2010

Kommentaar

Kommentaar (5) “Skilpad dieet

  1. monique
    monique

    Dis verskriklik dat ons land se wild so uitgeroei word vir China se grille!!! En die regering weet presies wat aangaan, maar pleit “onskuldig”..!! Ek sal dit dan van nou af my taak maak om veral ons skilpaaie te red en te rehabilliteer… Wat aanbetref die mense wat so jaag op paaie in bewaringsgebiede, mag jy vir jou kry!! Ek het al baie diere, skilpaaie inkluis, sien doodle op paaie waar borde jou waarsku teen rondlopende wild en -met spoed-beperkings-, en met my eie oe gesien hoe jaag mense soos maniake en selfs van hulle jaag moedswillig op die ape af, sies vir jou! dis vieslik en wreed!! Mense wat nie die natuur respekteer nie, hoort nie op hierdie aarde nie en besef blykbaar nie: die natuur is ons suurstof, (die bome, plante en blomme saam met die bye vir bestuiwing), ons totale oorlewing(water),ons brandbestryders,- (die renosters EN die osoonlaag) ensovoorts: ensovoorts… Elke wese op hierdie aarde het n doel en die inmenging van die mens, spesifiek die VERWOESTER, het en sal n slegte nagevolg vir ons en ons nageslagte he. “Respekteer die natuur sodat die aarde kan oorleef”, moet elke mens se motto wees!!! Word deel van bewarings organisasies en voed jou kinders daarin op… As ons nie WIL sien nie, sal ons blind bly en saam met die aarde vergaan!!! Lank lewe MOEDER AARDE!!!

  2. Connie
    Connie

    Ek stem volkome saam Mense wat diere mishandel moet op dieselfde manier mishandel word !!!!!!!

  3. Sylvia
    Sylvia

    Hi ek het n skilpaaitjie wat ek na baie reen voor my deur gekry het. Ek weet nie hoe hy daar gekom het nie. Daar is geen openinge van buite na binne. Ons bly al 10maande in die huis en is die eerste keer dat ek die skilpad sien. Waar sal hy vandaan kom? Groete Sylvia

  4. Elizabeth
    Elizabeth

    Sylvia – dit kon moontlik mense wees wat ‘n kleintjie weggevat het uit die natuur of mense wat (wederegtelik!) skilpaaie aanhou en die het dan eiers gelê en uitgebroei en natuurlik het die ou kleintjie toe die pad gevat! As enigiemand enige wilde diere kry wat seergekry het of wat by hul aangekom het en nie weet wat om t edoen, kontak ASB freemewildlife – hul website is http://www.freemewildlife.org of skakel hul by 011-8076993 of as dit dringend of na-ure is by 0835585658. Al is hul in Gauteng gebaseer sal hul kan help met raad of wie om te kontak. EN as jul gereeld by Woolies koop, kry asb ‘n MySchool kaart – dis gratis en jy benoem jou gekose liefdadigheidsorganisasie en kies dan freemewildlife! Elke keer wat jy daar koop “swipe” jy jou kaart en hulle kry ‘n persentasie van verkope – en dit kos jou absoluut niks! Hulle doen SULKE goeie werk – kyk geru sop hul website! SPREAD THE WORD! Dankie aan almal wat OMGEE en probeer bewaar!

  5. Elizabeth
    Elizabeth

    Sylvia, kyk gerus ook op http://www.oysterbayreserve.co.za – daar was juis ‘n artikel oor skilpaaie en ook ‘n kontaknommer in die kaap. Gaan na http://www.google.co.za (klik dan op Afrikaanse weergawe) en tik in bergskilpad. Daar sal verskeie “links” opkom en ondermeer een oor die “tuiste van die bergskilpad” – so-iets en die link is na bg website dan kom jy direk op die artikel.


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.