Vra vir Faffa

Plant van groente

Vraag

Waar kan ek inligting bekom oor wanneer ek verskillende groentes kan plant? Aangesien ek in die dorp groot geword het en onlangs ‘n plasie gekoop het, het ek geen kennis van groenteverbouing nie. Ek wil graag my eie groentetuin aanlê.

Antwoord

Die gouste en maklikste manier om uit te vind wanneer dit die beste tyd is om die verskillende groentesoorte te plant, is om agter op pakkies groentesaad te kyk. Al die inligting oor planttyd, spasi?ring, besproeiing, bemesting, ens. word daar aangetoon.

Om verdere inligting te bekom, kan jy die pamflette wat die Departement van Landbou uitgee, bestel.
Gaan na die Departement se webtuiste (nda.agric.za)
Klik dan op “Publications” in die lys aan die linkerkant en gaan na “Brochures”.
Pamflette oor feitlik enige gewas word daar gelys.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
1 Februarie 2011
Lees ook:

Kommentaar

Kommentaar (2) “Plant van groente

  1. Japie Esterhuizen
    Japie Esterhuizen

    Het tamaties planties inmmy tuin geplant. Wil weet hoe om dit op te lei sodat ek ‘n goeie oes kan kry. Ek verstaan all blare aan die stam moet af gesny word.Is dit korrek?

  2. juan theron
    juan theron

    Is groente wat saad skiet giftig om te eet.My suster se haar soetpatat het saad geskiet en wou weet of sy dit kan eet dankie.


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.