Vra vir Faffa

Kan hond melkkoors kry?

Vraag

My Bull terrier het kleintjies gekry, maar haar tepels (veral agter) is hard en rooi.Wat kan ek doen om dit reg te kry? Die kleintjies is almal dood. Dit was haar eerste werpsel en ek kan nie agterkom of dit weens die tekort aan melk is of kon hulle maar net nie die laaste paar dae se koue weerstaan nie. - Louis (lfacoetzee@yahoo.com)

Antwoord


Mastitis en melkkoors

Rooi en harde tepels dui moontlik op mastitis.

Lees meer oor mastitis en melkkoors by dié artikel: Melkkoors by hond

Vrektes van klein hondjies    
Vrektes van klein hondjies tot en met speenouderdom wissel tussen 10 tot 30% en meer as 65% van die vrektes kom gewoonlik by geboorte en gedurende die eerste week van die klein hondjies se lewens voor.  Gedurende die eerste 2 tot 3 weke van ‘n klein hondjie se lewe, kan hulle nie hul liggaamstemperatuur beheer nie en dit is dus uiters belangrik om die omgewingstemperatuur te beheer.

Tekens van ‘n gesonde klein hondjie:                                                                                

 

* Raak aan die slaap nadat hulle gedrink het                                                                          

 

* Huil nie vir langer as 10 minute op ‘n slag nie                                                                

 

* Gaap wanneer wakker word                                                                                               

 

* Het ‘n vol, maar nie opgeblaasde magie nie                                                                        

 

* Het ‘n goeie suigaksie                                                                                                           

 

* Het goeie spiertonus-Mangaan ( Mn ) is belangrik

 

Verwysings:

 

1.  Ettinger S J & Feldman E C. 2000. Textbook of Veterinary Internal Medicine. W.B. Saunders Company, USA

 

2.  BVSc klasnotas

 

Geskryf deur:  Dr. Sunelle Strydom (BVSc)

 

17 Julie 2009


Kommentaar

Een kommentaar op “Kan hond melkkoors kry?

  1. cindy
    cindy

    My jackrussel het melkkoors kan ha nie vet toe vat help my met raat het ha as baba deur katgriep gekry Soek raad om ha ook hierdeur te kry asb Dankie


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.