Vra vir Faffa

Jojobaplantjies en granate

Vraag

Ek het ’n plaas in die Karibibdistrik in Namibi? bekom met ± 3000 jojobaplantjies wat wissel van 1 tot 4 jaar oud. Ek hou hulle aan die gang, maar ek verneem dat ± 50 % mannetjies gaan wees en ek het net 10 % van hulle nodig. Waar kan ek vroulike stiggies bekom? Verder wil ek graag ook granate aanplant, maar weet nie watter vari?teit die beste vir ons dro? area is nie. Wil so 5 hektaar granate plant. Kan u hier vir my advies gee, asb ? Christo Botha

Antwoord

Ongelukkig is ek nie vertroud met die boerderylandskap in Namibi? nie, dus kan ek nie raad gee oor granaatkultivars wat vir jou geskik sal wees nie. Ek dink ons kan die granaat-en- jojobaprobleem op een slag oplos.

Ek weet van ‘n paar spesialis kwekerye waar u kan aanklop vir raad. Ek weet ongelukkig nie van enige bronne in Namibi? nie, maar ek is seker u sal by hulle kan regkom.
Apapanzi kwekery (tel 042 230 1483, faks 042 230 0923)
B.F. Joubert kwekery (tel 042 230 0309, faks 042 230 0280)
Mistkraal kwekery (tel 042 230 1461 faks 042 230 1461)
Tweeling kwekery (tel 042 230 1408, faks 086 580 4060)
Hierdie kwekerye is almal in Kirkwood, en dan is daar ook
Cederberg kwekery in Simondium (tel 021 874 2630, faks 021 874 1473)
Du Roi in Letsitele (tel 015 345 1650, faks 086 5175 899)
Esselen kwekery in Malelane (tel 013 790 0160 faks 013 790 0492)
Paksaam in Patensie (tel 042 283 0201, faks 042 283 0884)
Stargroe kwekery in Die Boord (tel 021 880 1882, faks 021 880 1485)
Vaalharts kwekery in Hartswater (tel 053 474 0565, faks 053 474 1926)
 Witkrans kwekery in Boshoek (tel 014573 3036, faks 014 573 3036).   
Ek hoop jy sal regkom by een van hierdie kwekerye.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
29 Julie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.