Vra vir Faffa

Hond verloor hare

Vraag

Ons Jack Russel is 10 weke oud en sy is besig om al haar hare te verloor. Sy eet Pedigree kos vir klein hondjies. Sy het al haar inentings gekry. Wat kan ek doen?

Antwoord

Haarverlies is net abnormaal as dit gepaard gaan met die ontwikkeling van die gedeeltelike of totale afwesigheid van hare in areas waar dit normaalweg voorkom – ‘n kondisie wat alopesie genoem word. Indien alopesie nie teenwoordig is nie, is dit moontlik net ‘n normale stadium in die vervanging van die haarpels waar die ontwikkeling en groei van ‘n nuwe haar gepaard gaan met die verlies van die ou haar. Deur die hondjie gereeld te borsel sal daar minder hare in die omgewing en op die meubels agterbly. 

Indien alopesie teenwoordig is in u Jack Russel, sal u die hondjie na u veearts moet neem sodat ‘n diagnose gemaak kan word.
 
Let asseblief daar op dat hondjies op 6, 9 en 12 weke ouderdom ingeënt moet word teen hondesiekte, honde adenovirus (hepatitis of lewerontsteking), parvovirus (katgriep) en parainfluensa virus. Dit word nou selfs aanbeveel dat ‘n verdere skraagdosis op 16 weke ook gegee word. Hondjies moet ook op 12 weke teen hondsdolheid ingeënt word en ‘n skraagdosis moet tussen 30 dae en 9 maande na die eerste hondsdolheid inenting toegedien word. Daarna word jaarlikse of drie jaarlikse skraagdosisse toegedien. 
 
Verwysings:
1.    The Merck Veterinary Manual [webblad] beskikbaar by http://www.merckvetmanual.com soos op 6 Oktober 2009.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
Lees ook:
 
Skaaphond in stad verloor hare
 

Kommentaar

Een kommentaar op “Hond verloor hare

  1. Wikus
    Wikus

    My honde verloor hare nou al vir vier jaar lank dis noe bietjie nie ek borsel hom elke dag uit en ek sal n gewone plastiek sak vol hare maar wat is dit kan iemand my help …? Hy is nou 4 jaar en 6 maande oud dis n jackrussel is daar pille vir dit of is sy dieeet verkeerd hy eet montego die ander pille wil hy glad nie eet nie het al tot ultra dog probeer maar hy eet dit nie …


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.