Vra vir Faffa

Dormer vs Dohne merino

Vraag

Ek wil graag u opinie verkry oor watter ras die beste sal inpas by ’n gemengde boerdery. Hoe verskil die vrugbaarheid van die twee? Dankie

Antwoord

Soos in ‘n vorige antwoord (Dorper vs Dormer) gesê, is dit moeilik om hierdie vraag te beantwoord sonder om op iemand se tone te trap. Dit is dus nodig om eerstens net te kyk na elke ras en die rede waarom die ras ontstaan het.

Die Dohne Merino het ontstaan uit kruisings tussen die Merino en die destydse Duitse Merino (vandag SA Vleismerino) om ‘n groterlyf wolskaap met minder plooie en fynwol te ontwikkel. Die grootste doel was om ‘easy care’ wolskaap te ontwikkel vir veral die grasvelddele van Suid-Afrika .
Die Dormer het ontstaan uit kruisings van die Dorset Horn met die SA Vleismerino en is spesifiek ontwikkel vir die nat en koue winters van die Winterre?nstreke van SA.
Beide rasse het intussen oor die hele SA gevestig geraak en daar is voldoende teelmateriaal beskikbaar . Getallegewys is die Dohne egter baie groter as die Dormer. Algemeen kan gesê word dat die Dohne baie meer en beter wol produseer as die Dormer. Die Dormer produseer uitstekende slaglammers op ‘n baie vroeë ouderdom en is ook vroe?r geslagsryp as die Dohne.
Wat vrugbaarheid betref,  behoort daar onder dieselfde voedingstoestande nie veel verskil te wees nie. Die voedingsituasie op u plaas gaan hier die deurslaggewende rol speel. Onthou net dat die wolproduksie van die Dohne ‘n baie belangrike rol speel in die ekonomie – ongeveer 15-20% van die bruto inkomste van die Dohne is afkomstig van wol en met die huidige hoë wolpryse kan dit nog meer word. Die wolinkomste van die Dormer is in die omgewing van 5-7% van die bruto inkomste.
 
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodanmail.co.za)
 
21 September 2011

Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.