Vra vir Faffa

Beessiektes

Vraag

Kan u asb. vir my 'n paar siektes noem wat beeste kan opdoen? - Bennet (bennet.kili@pit.co.za)

Antwoord

Vraag:
Kan u asb. vir my ‘n paar siektes noem wat beeste kan opdoen? – Bennet (bennet.kili@pit.co.za)

Antwoord:
Hierdie vraag word dikwels gevra deur al wat ‘n boer is as hy/sy in ‘n area intrek. ‘n Paar riglyne wat gegee kan word, is:
 

  • Gaan na die naaste Staatsveeartskantoor en/of privaatveearts en vind uit watter siektes in die gebied voorkom en waarvoor voorkomend geënt kan/moet word.
     
  • Indien vreemde diere ingebring word, speel gifplante ‘n beduidende rol. Vreemde diere ken nie die omgewing nie en plante soos gifblaar, gousiekte en tulpvergiftiging kan sy tol eis.
     
  • Sluit by die plaaslike boerevereniging of studiegroep aan en leer uit u medeboere se ondervinding.
     
  • Maak vir u ‘n lêer bymekaar oor artikels wat gepubliseer is oor verskeie onderwerpe oor boedery aangeleenthede soos bv. Siektes.
     
  • Daar is ‘n magdom inligting alreeds op Landbouweekblad se webblad beskikbaar. (www.landbou.com).
     
  • In u omgewing (vra maar vir ouer boere) mag daar dalk nog ‘n veesiekteboek van Mönnig en Veldman beskikbaar wees, wat meeste siektes van vee beskryf.

    Ek hoop jy sal verstaan dat dit vir my moeilik is om ‘n lang lys van beessiektes neer te pen sonder om te weet waar u boer en wat u omstandighede is. Die siektes wat ek lys, mag dalk glad nie eers van toepassing in u area wees nie.

    In ‘n vorige antwoord op die webwerf het ek ‘n lys gegee van dieresiektes waarvoor entstowwe beskikbaar is. (Vraag 1744545. Inenting: breë spektrum-entstof.)

    3 September 2005


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.