Vra vir Faffa

Dikkop-sponssiekte by beeste, skape

Vraag

Dikkop-sponssiekte by beeste, skape Vraag: Is Onderstepoort se Dikkop-entstof en Multiclos vir dieselfde virus? - G.J. Vlok(simbra@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
Is Onderstepoort se Dikkop-entstof en Multiclos vir dieselfde virus? – G.J. Vlok(simbra@telkomsa.net)

Antwoord:
Omdat daar soveel verwarring is oor watter klostridiale bakterieë watter siektes veroorsaak, heg ek ‘n lys aan. Die Afrikaanse name is ‘n spanpoging van drr. Gareth Bath, Jackie Pickard, Marijke Henton en die uwe (dr. Faffa Malan).

Dikkopsponssiekte word veroorsaak deur ‘n bakterie Clostridium novyi tipe A. Die entstof Dikkopentstof van Onderstepoort Biologiese Produkte (Reg. No. G0122 Wet 36/1947) bevat die toksoïed (gifstof plus formalien) van hierdie kiem. Multiclos, Intervet (Reg. No. G3392 Wet 36/1947) bevat nie hierdie bakterie in die entstof nie, maar wel: C. chauvoei, C. haemolyticum, C. novyi tipe B, C. perfringens tipe C, C. perfringens tipe D, C. septicum en C. sordellii. Alhoewel die entstof nie C. perfringens tipe B bevat nie, verskaf die entstof immuniteit teen hierdie kiem deurdat C. perfringens C en D dieselfde gifstowwe as bogenoemde kiem produseer.

25 Februarie 2005


Aanhangsels

Kommentaar

Een kommentaar op “Dikkop-sponssiekte by beeste, skape

  1. gert van zyl
    gert van zyl

    Hoe kan ek van die Clostrium spore in/op die grond ontslae raak? Ek het 12 swart wildebeeste en n zebra binne 36 uur in n 10 ha area aan sponssiekte verloor.Die wild loop vry op 1000 ha in die Paul Roux distrik. Immunisering van al die wild is onmoontlik.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.