Regskenner

Verkoop van eie bewerkte vleis

Vraag

Watter reëls en regulasies is daar as ek van my eie slagvee wil slag en verkoop? Hulle sal by die abattoir geslag word en ons sal die vleis dan self bewerk en verpak. Ons wil nie ’n slaghuis oopmaak nie, net privaat verkoop.

Antwoord

Vleis is ‘n hoogs bederfbare produk en daarom kan dit maklik besoedel raak wat dan voedselvergiftiging tot gevolg kan hê.

As gevolg hiervan word die slag en verwerking van vleis deur streng wette beheer nl.

  1. Slag, inspeksie en merk van vleis in ‘n goedgekeurde abattoir.

(Vleisveiligheidswet)

  1. Ontbeen, opsny en verwerking van vleis.

(Regulasie 918 van die Gesondheidswet)

  1. Verkoop van vleis.

(Verbruikersbeskermingswet /Consumer Protection Act)

(Etiketeringswet/Labeling Act)

As gevolg van bogenoemde sal dit ongelukkig nodig wees dat jy jou “verwerkingslokaal” (slaghuis) onderwerp aan ‘n inspeksie van die plaaslike gesondheidsbeampte om ‘n Sertifikaat van Geskiktheid (CoA) te bekom.

 Maak ook seker dat jy die reëls onder die Etiketteringswet verstaan anders kan hierdie ongelukkig ‘n skerpioen word wat baie seer kan steek.

Geskryf deur: Dr. Tertius Bergh, Vleisveiligheidskonsultant, trts.bergh@gmail.com (0829028914)

4 Oktober 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Verkoop van eie bewerkte vleis

  1. Chris
    Chris

    Hi Dr ek het net paar vra is daar spesifikasie waaraan gebou moet voldoen soos bv groote,water.koelkamer ens.Hoe lank vat dit om CoA sertifikaat te bekom indien alles in plek is.Is daar enige raad wat u het wil nie slaghuis oop maak nie net vleis op besteling verwerk en dierek aan huisvrou verskaf het groot mark vir dit maar wil dit op regte manier doen.Sal van slagpale gebruik maak vir die slag van diere.Sal dit waardeer as u vir my raad het asb


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.