Vra vir Faffa

Safex mielie pryse

Vraag

Wat is die doel van Safex as ek nie mielies teen die daaglikse geadverteerde prys kan koop nie?

Antwoord

Dit maak nie vir my sin as jy sê dat jy nie mielies teen geadverteerde Safex pryse kan koop nie. Safex se pryse is juis pryse wat tussen verkopers en kopers tot stand kom. Dit is ‘n prys wat Randfontein as plek van aankoop veronderstel en jy as koper moet beslis minder as Safex se prys betaal as jy dit by ‘n plaaslike verskaffer aankoop omdat daar ‘n liggingsdifferensiaal by die prys ingesluit is. Jou probleem lê dalk by die “geadverteerde” prys. Onthou daar is ‘n dagprys en dan ook ‘n maandprys vir etlike maande vooruit.

As jy net na die geadverteerde pryse op TV kyk gaan jy beslis nie graan op die spesifieke dag teen daardie prys gekoop kry nie. Die TV-prys kan byvoorbeeld ‘n prys van ses maande in die toekoms wees terwyl die dagprys heelwat duurder is. Maak dis baie seker jy kry ‘n dagprys by ‘n Safex makelaar voordat jy ‘n graanverkoper nader om graan aan te koop en maak ook seker hy gee jou die voordeel van die vervoerdifferensiaal.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.