Vra vir Faffa

Skape op aangeplante weiding

Vraag

'n Boer van Upington wil meer leer oor skape op aangeplante weiding en hul voeding.

Antwoord

Vraag:

Ek boer in die Upington-omgewing. Ek doen vloedbesproeiing op my weiding. Ek het Vleismerinos wat twee ure in die oggend en weer twee ure in die middag op die aangeplante weiding loop. Hulle bly die res van die dag in die kraal waar hulle lusern kry. Wat is die beste lek waar ek mielies en lusern kan gebruik en hoe gereeld moet ek hulle doseer? – Johan Herman (boertjie.johan@gmail.com)

Antwoord:

Dit is nie ‘n algemene praktyk om ruvoer (d.i. lusern) in ‘n lek in te sluit nie. Wanneer bestanddele soos mielies en ander konsentrate met lusern vermeng word, praat ons van ‘n volledige rantsoen. ‘n Ander probleem is dat indien lusern in ‘n lek ingemeng word, is dit baie moeilik om die inname te beheer, al word sout bygevoeg, omdat die sout skei van die lusernpartikels en dus vreet die skape dan selektief.

Om ‘n sinvolle aanbeveling te doen, moet ek weet of die ooie droog, vroeg, mid- of laatdragtig of lakterend is, want die ooi se voedingbehoeftes verskil gedurende hierdie fidiologiese stadiums en gevolglik moet die leksamestelling ook.

Daar is twee opsies vir laatdragtige en lakterende ooie. Eerstens voer die lusernhooi eenkant ad lib en voer die ooie vanaf ses weke voor lam (300g – 400g/ooi/dag) asook gedurende laktasie (400g – 500g/ooi/dag) van die volgende lek:

  • 250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat
  • 200 kg Gemaalde mielies
  • 50 kg Sout
  • 500 kg TOTAAL

    Die tweede opsie is om ‘n volledige lammerooirantsoen te maak. Hierdie rantsoen se inname moenie 2.5kg/ooi/dag oorskry nie, want dit kan tot ureumvergiftiging aanleiding gee. Hierdie rantsoen moet in bakke gevoer word met voldoende vreetspasie sodat al die ooie gelyktydig kan vreet. Voer die helfte in die oggend en die ander helfte laatnamiddag. Moenie selfvoerders gebruik nie, want dan gaan die ooie hulle oorvreet en kan hulle van ureumvergiftiging of asidose (suurpens) vrek.
     

  • 375 kg Gemaalde lusern (25 mm-sif)
  • 350 kg gemaalde mielies
  • 80 kg Voermol Melassemeel
  • 150 kg Voermol Maxiwol
  • 50 kg Voermol Procon
  • 1 005 kg TOTAAL

    Vir alle ander ooie (droë, vroeë en middragtige ooie) kan lusernhooi eenkant ad lib gevoer saam met 250g – 400g/ooi/dag van die volgende lek:

  • 200 kg Voermol Super 18
  • 200 kg Gemaalde mielies
  • 50 kg Sout
  • 450 kg TOTAAL

    ‘n Ander opsie vir droë, vroeë en middragtige ooie is om die volgende ‘n volledige onderhoudsrantsoen teen maksimum 3.5kg/ooi/dag te voer:

  • 625 kg Gemaalde lusern (25 mm-sif)
  • 250 kg gemaalde mielies
  • 120 kg Voermol Super 18
  • 995 kg TOTAAL

    Kontak een van die plaaslike verteenwoordigers van ‘n farmaseutiese maatskappy om ‘n doseerprogram uit te werk.

     

  • Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Voermol.

    8 Julie 2008


Kommentaar

Een kommentaar op “Skape op aangeplante weiding

  1. chris
    chris

    Wil graag met skape in Frankfort op aangeplante weiding sit wat ?kan 2twee hektaar besproei en ander op droe land wat kan ek daar plant?


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.