Verbou groente met handleiding

Deur Jan Bezuidenhout
4 Mei 2011

Wou jy nog altyd groente verbou, maar wou dit nie aanpak omdat jy nie voldoende inligting gehad het nie?

Wou jy nog altyd groente verbou, maar wou dit nie aanpak omdat jy nie voldoende inligting gehad het nie?

Farming SA, een van die publikasies in die Landbouweekblad-stal, het onlangs ‘n nuttige handboek, Guide to Growing Vegetables, gepubliseer.

Die boekie van 96 bladsye is in ‘n sakgrootte-formaat beskikbaar en bevat bruikbare inligting oor die verbouing van groente, soos die biologiese bestryding van peste en plae, saai- en plantdatums en wisselbou. Die beskrywings het ook inligting oor die verskillende stappe, soos grondvoorbereiding, die keuse van kultivars, bemesting, besproeiing, die oesproses en die berging van groente.

Spesifieke riglyne is vir tamaties, spinasie, kool, patats, wortels, beet, uie en aartappels.

Die inligting is verskaf deur Landbounavorsingsraad het die inligting vir die gids verskaf, en dit is saamgestel deur Farming SA, een van die publikasies in die Landbouweekblad-stal. Die gids is tans net in Engels beskikbaar.

Die boek, Guide to Growing Vegetables, kos R95 (BTW, verpakking en posgeld ingesluit) en kan bestel word by tel. 021 406 4962 of e-pos: lbw@media24.com.

Op Apple se iPad
Die boekie is ook in ‘n digitale formaat beskikbaar vir dié mense wat met Apple se iPad spog. Die gids kos $3,99 en kan hier afgelaai word.

Twee kort video’s is deel van die applikasie: Een van ‘n groenteboer in die Wes-Kaap en nog een oor die varsproduktemark in Kaapstad.

3 Mei 2011


Kommentaar

Kommentaar (2) “Verbou groente met handleiding

  1. Anita Groenenstein
    Anita Groenenstein

    Goeiedag

    Graag wil ek weet of die boekie nog steeds net in Engels beskikbaar is?

    • hoender hippie
      Jan Bezuidenhout

      Anita,
      Ja, dis net in Engels beskikbaar. Dit was ‘n projek wat saam met die LNR gedoen is, en die taalkeuse was hulle s’n. Ek kan die boekie aanbeveel.
      Groete
      Jan Bezuidenhout


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.