Selfoontorings voorspel weer?

Deur LBW
31 Julie 2009
Selfoontorings kan gebruik word om die erns van oorstromings te voorspel, sê navorsers van die Tel Aviv-universiteit.

Selfoontorings kan gebruik word om die erns van oorstromings te voorspel deur die gebruik van selfoonseine, sê navorsers van die Tel Aviv-universiteit. “Ons kan nou doelgerig en betroubare inligting oor die erns van oorstromings inwin deur die spesifieke wisseling van atmosferiese vogtigheid om selfoontorings te meet,” sê prof. Pinhas Alpert van dié universiteit.

Alpert en sy kollegas het hul teorie in Amerika getoets deur mikrogolfdata te gebruik wat deur twee diensverskaffers – Cellcom en Pelephone – in Israel verskaf is. Selfoontorings straal radiogolwe uit wat swakker word as vogtigheid in die lug styg. Dít beteken dat humiditeit gemeet kan word.

Akkurate voorspellings oor oorstromings was voorheen moeilik om te maak, maar Alpert meen hul deurbraak kan deurslaggewend wees vir weervoorspellers wêreldwyd.

Bron:
Science Daily

31 Julie 2009


Lewer Kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.