Mnr. Bill Davies, ‘n boer van Falls Creek in Australië, gebruik Dorpers as ‘n wapen teen onkruid. Hy sê sy plaas was voorheen ‘n see van wilgerosies (Epilobium angustifolium), maar dié Suid-Afrkkaanse skaapras maak kortte mette met sy probleem.

"Ek het een jaar $7 500 bestee om die onkruid te bestry en 75% het net weer terug gegroei," sê hy. Na aanleiding van sy eie navorsing het hy besluit Dorpers sal die ideale teenvoeter vir die onkruid wees. Hy het ook Boerbokke oorweeg, maar meen hulle sou te veel werk vereis.

Dorpers is nie, soos ander kleinvee, vatbaar vir lewervergifting as hulle wilgerosies inkry nie. Hulle het ook nie veel versorging nodig nie. "Hulle raak van die onkruid ontslae en sny sommer die gras ook."

Davis wil nou sy trop Dorpers verkoop om koste te dek en om te help om dié onkruid, wat met ander plante meeding om lig en water, verder te bestry.

Bron:
The South Coast Register

10 Desember 2008


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.